Die Val is unieke, verrassende poësie met min vergelykbare tekste in die Afrikaanse lettere. ‘n Kort bundel met dringende verse en titulêre temas van verval wat die leser by intens persoonlike landskappe intrek.
Johannes van Eeden
—
Johannes van Eeden is ‘n komponis, digter en entrepreneur. Hy studeer musiek en tale aan die Universiteit van Stellenbosch en wen verskeie eerste pryse in komposisie. Voor Johannes die tegnologie-dienstegroep Humanstate in 2001 stig, begin hy ’n bemarkings- en verspreidingsmaatskappy met verteenwoordiging in 16 lande, sowel as ’n voorste kontemporêre musiekorganisasie, en werk verder as joernalis en aan die Universiteit van Suid-Afrika. Johannes bly sedert 2009 in Villars-sur-Ollon, Switserland.
Kolofon
—
Eerste uitgawe 2018
Naledi
Kopiereg © 2017 deur
Johannes van Eeden
Engelse vertaling deur
Michiel Heyns
Omslagkunswerk deur
Dedré Fouquet
Bandontwerp & tipografie deur
Keith Dietrich
Geset in Adobe Jensen Pro Light 11 pt op 16 pt
Gedruk en gebind in China deur Colorcraft Bpk., Hong Kong
ISBN 978-1-9284-2619-6